Aanlyn Terapie Dienste vir Suid-Afrikaanse Expats
Corne Peach Kliniese Sielkundige bied nou aanlyn sessies aan vir Suid-Afrikaanse pasiënte wat oorsee bly.
Hierdie diens het al hoe meer gewild geword sedert ek aanlyn sessies begin aanbied het tydens die COVID-19 pandemie. Baie Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, verkies om ‘n Suid-Afrikaanse sielkundige te sien wat hul kultuur verstaan en die tipiese probleme ken wat met immigrasie gepaard gaan.
Aan alle Suid-Afrikaners wat oorsee bly, ‘n warm welkom by my webtuiste. Met al die voouitgang op tegnologiese gebied, kan jy nou ‘n Suid-Afrikaanse sielkundige in die gemak van jou huis en in jou moedertaal sien. Alhoewel ek self nog in Suid-Afrika bly, is ek in voeling met die redes, uitdagings, opgewondenheid, maar ook heimwee wat gepaard gaan met ‘n verhuising oorsee. Ek sien reeds heelwat Suid-Afrikaners van regoor die wêreld aanlyn en alhoewel elkeen se storie of probleem of rede om ‘n sielkundige te sien uniek is, is daar ook universele temas van wat mense deurgaan wanneer hul, hul geboorteland verlaat. Sommiges kom sien my ook by die praktyk vir sessies wanneer hulle in Suid-Afrika kom kuier. Vir ander is die probleem nie noodwendig die immigrasieproses nie, maar hulle wil bloot met iemand van hul eie kultuur en in hul eie taal gesels.
Hoe om ‘n Afspraak te Maak:
- Jy kan my kontak via WhatsApp, e-pos, of deur ‘n boodskap op my webwerf.
- Ons sal ‘n geskikte tyd reël, met inagneming van die verskillende tydsones.
- Ek sal vir jou die innamevorms e-pos, wat jy voor die konsultasie moet terugstuur.
- Sessie sal via Zoom of WhatsApp video-oproep op die afgespreekte tyd plaasvind. Konsultasies is beskikbaar in Engels of Afrikaans.
- ‘n EFT-betaling van R1550.00 is vereis voor die aanvang van die sessie.
Algemene Probleme wat Aangespreek Word:
- Aanpassingsprobleme in ‘n nuwe land, kultuur, werksomgewing en samelewing
- Huweliks/verhoudingsprobleme
- Geskiedenis van geestesgesondheidsprobleme
- Werk en finansiële stress
- Heimwee en verlange
- Bekommernis oor familie in Suid-Afrika
Aanlyn terapie is beskikbaar vir pasiente in die volgende lande
- Enige land in Afrika
- Enige land in Europa
- Midde-Ooste
- Nieu-Seeland
Neem asseblief kennis: Weens wetlike beperkings kan ek nie dienste aan pasiente lewer in Noord-Amerika, Kanada, VSA en Australie bied nie.
Vertroulikheid en Sekuriteit:
Jou privaatheid en vertroulikheid is van uiterste belang. Alle aanlyn sessies word deur middel van veilige, versleutelde platforms gehou om te verseker dat jou persoonlike inligting vertroulik bly. Zoom is die primêre platform wat gebruik word, maar alternatiewe soos Microsoft Teams of Skype kan gereël word indien verkies. Alle data wat tydens sessies gedeel word, word beskerm, en ek hou by streng vertroulikheidsriglyne in ooreenstemming met professionele sielkundige standaarde.
Skeduleer 'n afspraak
Ek sien uit om van jou te hoor vanuit ‘n sonnige Suid-Afrika!